Daily Maverick

Daily Maverick is 'n Engelstalige Suid-Afrikaanse aanlyn-dagkoerant wat in 2009 gestig is. Die redakteur is Branko Brkic en die uitgewer Styli Charalambous. Dit word deur 'n onafhanklike privaatmaatskappy bestuur.[1][2][3] 

Luidens die Daily Maverick webwerf is die publikasie "'n unieke samestelling van nuus, inligting, analise en opinie, gelewer vanuit ons redaksiekantoor in Johannesburg, Suid-Afrika.[1]
Charalambous beweer dat die webwerf ook 'n platform vir fotojoernalisme beskikbaar stel, om lesers visuele insig te gee in wat aan die gebeur is in Suid-Afrika, Afrika en die wêreld.[4]

Bydraers sluit vryemark rubriekskrywer Ivo Vegter, konstitusionele regskenner Pierre de Vos, stigtende sekretaris-generaal van COSATU Jay Naidoo, aktivis Sisonke Msimang, en fotojoernalis Greg Marinovich in.[2]

Daily Maverick is deel van die The Guardian se Afrika-netwerk.[5]

  1. 1,0 1,1 "Daily Maverick: About us" (in Engels). Daily Maverick. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2018. Besoek op 27 Maart 2013.
  2. 2,0 2,1 "Daily Maverick: Opinionistas" (in Engels). Daily Maverick. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2011. Besoek op 27 Maart 2013.
  3. link2media.co.za (29 November 2012). "Daily Maverick's Gathering 2.0: Bringing together those who shape South Africa". Persberig. Archived from the original on 28 September 2013. https://web.archive.org/web/20130928011643/http://www.link2media.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=18514&Itemid=15. Besoek op 28 Maart 2013. "Styli Charalambous, Publisher – Daily Maverick & iMaverick" 
  4. "Daily Maverick launches new website 'for people who matter'" (in Engels). Bizcommunity.com. 22 Mei 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 28 Maart 2013.
  5. "Guardian Africa network" (in Engels). Guardian News and Media Limited. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020. Besoek op 24 September 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search